Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 doodgeskok by kuierplek in Bloem
Paramedici en polisiebeamptes Saterdag op die toneel in Rocklands waar drie mense doodgeskok is. Foto: Trauma Response Africa

Drie mense wat Saterdagaand ’n kuierplek in Rocklands, Bloemfontein, besoek het, is doodgeskok toe hulle die kuierplek se staaldeure wou oopmaak.

Die oorledenes, twee mans en ’n vrou tussen die ouderdom van 30 en 38 jaar, wou omstreeks 23:00 by Baby’s Tavern in Moshoeshoestraat, Rocklands, gaan kuier toe die voorval gebeur het.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die drie mense is geskok toe hulle aan die deure gevat het. Dit het Saterdagaand in Bloemfontein gereën en die strate en gebied was nat en vol water. Dit is egter onduidelik waar die elektrisiteit vandaan gekom het wat tot die elektriese skok en die mense se dood gelei het.

Volgens inligting was die deur waarskynlik nat of het hulle in water gestaan toe hulle aan die deur gevat het, hoewel dit nie in daardie stadium gereën het nie.

Stanley Schimper, van Trauma Response Africa, sê ’n man en vrou is met noodwerkers se aankoms op die toneel dood verklaar terwyl paramedici nog sowat 20 minute lank probeer het om die derde slagoffer se lewe te red. Hy het egter later ook aan sy beserings beswyk.

Geskokte familielede het nog tot laat op die toneel saamgedrom totdat hul geliefdes se lyke weggeneem is.

Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie.

Volgens Hlubi is ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kuierplek  |  Skok  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.