Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 gevalle van hondsdolheid aan W-Rand

Drie gevalle van hondsdolheid is aan die Wes-Rand aangemeld.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in ’n verklaring twee gevalle is in Junie en een vandeesmaand aangemeld. Al drie gevalle was in die omgewing van die Wieg van die Mensdom.

Dr. Jacqueline Weyer, mediese wetenskaplike verbonde aan Nios, het by navraag gesê twee rooijakkalse en ’n ratel was in die omgewing met hondsdolheid besmet.

Sy sê hondsdolheid is ’n virussiekte wat die senuweestelsel aantas. “Die siekte word van dier na mens oorgedra,” sê Weyer.

Mense kan besmet word met die virus deur die speeksel van die geïnfekteerde dier wanneer hulle byvoorbeeld gebyt word.

Weyer sê hoewel die siekte angswekkend is, is dit beheerbaar en voorkombaar. Die uitbreking kan deur inentings beheer word. Sy moedig mense in die munisipale gebied van Mogale City aan om aan die inentingsveldtog teen hondsdolheid deel te neem.

Sy sê mense moet hul honde en katte inent, want sodra hulle die siekte opdoen, is daar ’n groter risiko vir mense om besmet te word.

“Maatreëls is ingestel om op die uitbreking te reageer.”

Wanneer iemand blootgestel word aan die siekte, moet stappe vir die voorkoming van infeksie gedoen word. Die persoon word ingeënt en dan kry hulle hondsdolheid-teenliggaampies teen die virus.

Nios skryf in 2010 was daar ’n uitbreking onder huishonde in die suidweste van Johannesburg (insluitend Soweto).

Die uitbreking is in bedwang gehou deur uitgebreide inentings vir honde in die omgewing.

In 2016 was daar ook ’n uitbreking van hondsdolheid in jakkalse in die omgewing van Muldersdrift, met min gevalle wat by huishonde bevestig is en geen in mense nie.

Mense wat vermoed dat ’n dier met hondsdolheid besmet is, moet hul plaaslike veearts of die staatsveearts kontak (Vet.help@gauteng.gov.za) om die dier te laat ondersoek. Die simptome sluit ongewone gedrag, hiper-speekselafskeiding en tekens van verlamming in.

Lees meer by https://www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/rabies/

Meer oor:  Hondsdolheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.