Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3-jarige dood ná pitbull-aanval

’n Driejarige seun van Glenwood in Pietermaritzburg is Dinsdag dood nadat drie pitbulls hom Maandag aangeval het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van die nooddiens Netcare 911, is hulle Maandag omstreeks 16:30 na ’n huis in Haven View-singel ontbied.

“Die kind is glo by die skool opgelaai en na ’n vriend se huis geneem. Hy was in ’n oppasser se sorg en sy ouers was by die werk. Sy ouers was voor die nooddienste op die toneel.” 

Die seun het ernstige kop- en nekbeserings opgedoen en is in die Grey’s-hospitaal dood.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die Mountain Rise-polisiekantoor ondersoek die saak.Dit is onbekend aan wie die honde behoort.

* Nuwe inligting is bygewerk sedert dié berig gepubliseer is.

Die nooddienste op die toneel in Pietermaritzburg waar drie honde ’n driejarige aangeval het. Foto: Netcare911

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Trauma  |  Honde-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.