Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3-jarige op fietsie raakgery

’n Driejarige seun het Woensdagoggend kritieke beserings opgedoen toe ’n ligte motorvoertuig hom in Benoni van sy fiets gestamp het.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê die ongeluk het voor 08:00 in Keistraat, Benoni, gebeur.

Die ER24 One Plan-helikopter waarin ’n driejarige seuntjie van Benoni hospitaal toe gebring is vir behandeling nadat hy deur ‘n motor van sy fietsie gestamp is. Foto: ER24

ER24 paramedici is ontbied en het die seuntjie langs die kant van die pad aangetref.

Die voertuig wat hom getref het, was ’n entjie verder langs die pad geparkeer.

“Paramedici het die seun ondersoek en bevind hy het ’n ernstige kopbesering opgedoen en was in ’n kritieke toestand,” sê Meiring.

Die seuntjie is per lugambulans na ’n nabye private hospitaal gebring vir behandeling.

Die bestuurder van die voertuig is nie in die voorval beseer nie.

Meer oor:  Benoni  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.