Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3-jarige vorder goed ná stroperpatrollie haar skiet

Dit gaan onder omstandighede goed met die driejarige Alexia Keil wat Woensdag in die Bwabwata- Nasionale Park na bewering deur weermagsoldate van die teenstropery-eenheid in die kop geskiet is, berig die Republikein.

Sy is die naweek steeds onder verdowing in die waakeenheid van ’n Windhoekse private hospitaal gehou.

Alexia Keil (regs) is Woensdag in die kop geskiet. By haar is haar sussie Caytlin.

Peter Keil, haar oupa en ’n bekende vlieënier, sê Alexia is in ’n stabiele toestand en sy vorder goed.

“Lexi herken ons almal en praat. Hoewel sy verdowingsmedikasie kry, reageer sy goed. Die swelling weens die bloeding op haar brein raak stadigaan minder, wat spoedig sal toelaat dat prosedures gedoen kan word,” sê Keil.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ondersteun.

Die ministerie van verdediging het by monde van maj. Petrus Shilumbu, sy woordvoerder, bevestig dat slegs weermagsoldate van die teenstropery-eenheid by die skietvoorval in die park betrokke was.

“Dit was weermagsoldate wat ’n patrollie in die park uitgevoer het. Daar was geen polisielede betrokke nie,” het Shilumbu aan Republikein gesê.

Die teenstropery-eenheid in Bwabwata bestaan uit lede van die ministerie, die Namibiese polisie en die weermag.

Die voorval spruit uit die Keil-gesin, pa Harald, ma Teresa en sussies Alexia en Caitlyn (twee), wat op ’n wildbesigtigingsrit met hul Toyota Fortuner was.

Volgens Harald het daar skielik tien tot 15 gewapende mans, geklee in uniform én siviele drag uit die bosse gekom en die voertuig omsingel.

“Hulle het nie geantwoord toe ek hulle vra waarom hulle my stop nie. Hulle kon ook geen identifikasie toon wat wys dat hulle van die Namibiese weermag is nie,” sê hy.

“Hulle het ons aggressief beveel om uit die motor te klim en geen verduideliking daarvoor gegee nie. Hulle het begin om die deure van die motor oop te maak. Ek het gevoel my familie word bedreig en dit was nie ’n gewone soektog nie. Ek het weggery en hulle het begin skiet.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.