Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 kinders, 1 vrou dood in ongeluk naby Touwsrivier

Die N1 naby Touwsrivier is weer oop vir verkeer nadat dit Donderdagoggend ná ’n noodlottige ongeluk gesluit was.

’n Motor het in die vroeë oggendure in ’n stilstaande vragmotor vasgery wat Woensdagaand onklaar geraak het.

Vier mense in die motor is in die ongeluk dood.

Die ongeluk het 5 km van Touwsrivier naby die Sandhills-treinstasie tussen Worcester en Touwsrivier plaasgevind.

Deanna Bessick, woordvoerder van EMS, sê die nooddienste het om 04:34 ’n oproep ontvang.

Sy sê die motor het ses passasiers vervoer – twee volwasse vroue, ’n volwasse man en drie kinders, waaronder ’n driejarige meisie en ’n vyf maande oue tweelingmeisies.

Jandre Bekker, kommunikasiehoof by die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, het hul dood bevestig.

Bessick sê die insittendes van motor was daarin vasgekeer.

EMS het die pasiënte om 08:07 uit die motor gekry.

Die man en nog ’n vrou is met ernstige beserings na die Worcester Provinsiale Hospitaal geneem, sê Bessick.

Vier mense is op die N1 naby Touwsrivier in ’n ongeluk dood. Foto: Verskaf
Meer oor:  Deanna Bessick  |  Touwsrivier  |  Sterf  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.