Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 kinders verdrink in naweek van storms in Gauteng

Drie seuns het vermoedelik verdrink weens stormweer wat die naweek in Gauteng gewoed het. Die lyke van die seuns is Saterdag in ’n stormwaterdrein in Hammanskraal naby Pretoria gekry.

Daar was Sondagmiddag ’n kitsvloed by die Centurion-hotel. Foto: Verskaf

Haweloses moes ook vlug en bome is ontwortel. Tarryn Johnston, stigter van die organisasie Hennops Revival, sê haweloses moes inderhaas hul slaapplek onder ’n brug in Centurion ontruim toe die Hennopsrivier Saterdag oorspoel het.

Johnston sê daar was Sondagoggend slegs ’n 80 cm-gaping tussen die rivier en die informele nedersetting wat op sy oewer gebou is.

Die laagwaterbrug by Witstinkhoutstraat in Centurion het oorstroom. Foto: Verskaf

Gert Visser, ’n DA-raadslid van Centurion, sê die laagwaterbrûe in End- en Witstinkhoutstraat het Saterdag- en Sondagoggend oorstroom. Die duikweg by Nellmapiusweg in Irene se stormwaterstelsel het ook verstop geraak.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse metro, sê geen ernstige skade is tot dusver by die metro weens die reën aangemeld nie.

’n Boom is die naweek in Cotielaan, Wierdapark, ontwortel. Foto: Verskaf

Volgens sr. supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, is drie mense Saterdagaand op die paaie dood, maar hoewel die ongelukke in die reën gebeur het, is dit nog nie seker of dit deur die gure weer veroorsaak is nie.

Haweloses wat onder die brug in Centurion slaap, moes inderhaas vlug. Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat swaar reën nog die hele week oor die provinsie gaan uitsak.

Kgolofelo Mahlangu, weervoorspeller van die weerdiens se kantoor in Pretoria, sê hewige donderstorms word Maandag in die laatmiddag verwag.

Die Hennopsrivier was Sondagmiddag in vloed by Witstinkhout- en Endstraat in Hennopspark, Centurion. Foto: Verskaf

Volgens haar sal die reënweer die week en oor die naweek voortduur, hoewel daar nie donderstorms van Dinsdag af voorspel word nie.

’n Boom is die naweek ontwortel in Edwardstraat, Eldoraigne, in Pretoria. Foto: Verskaf

Die weerdiens en Gautengse verkeerspolisie het motoriste gewaarsku om versigtig te wees op die gladde paaie.

’n Boom is in Eldoraigne, Pretoria, ontwortel. Foto: Verskaf

Bransby Bulo, ook ’n weervoorspeller, sê die res van die noordelike gedeeltes van die land kan warm weer verwag, behalwe KwaZulu-Natal waar daar Woensdag ’n kouefront voorspel word.

Twee eende stap Sondagoggend in Heritage Hill, Irene, saam met ’n krap oor die pad. Foto: Sarel van der Walt

Hy sê Mpumalanga, Limpopo en Noordwes kan Maandag nog donderstorms verwag, maar dat dit Dinsdag sal opklaar met temperatuur wat van warm tot baie warm styg.

’n Krap stap Sondagoggend in Heritage Hill, Irene, oor die pad. Foto: Sarel van der Walt

Meer oor:  Pretoria  |  Gauteng  |  Johannesburg  |  Stormweer  |  Polisie  |  Kinders  |  Verdrink  |  Metropolisie  |  Ems
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.