Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 lig beseer toe boom in Badplaas-oord omval

Drie vakansiegangers by die Forever Resorts Badplaas-vakansieoord in Mpumalanga is Sondag lig beseer toe ’n boom in een van die kampeerplekke omgeval het.

Vakansiegangers span Sondag uit in een van die swembaddens by die Badplaas-vakansieoord in Mpumalanga.Foto: Forever Resorts
Die warmwaterswembad in die Badplaas-vakansieoord moet eers herstel word voordat dit weer in gebruik geneem kan word. Foto: Forever Resorts

Die boom het omgeval te midde van nog reën wat sedert Vrydag aanhoudend in die gebied uitgesak het.

Dele van die oord het Vrydag skade opgedoen weens ’n kitsvloed as gevolg van swaar reën.

Volgens Heidi Halgryn, bemarkingshoof van Forever Resorts, is die beseerde mense behandel en bly hulle nou gratis in van die oord se rondawels.

Die gaste hou so tussen die reën deur steeds lekker vakansie, sê sy.

Daar is intussen met opruimingswerk begin. Die hidro-gerief, die onderdakswembaddens en die warmwaterswembad het groot skade opgedoen.

Teen Sondag was die kampeerplek en karavaanpark, die Hydro-koffiewinkel, koue swembaddens en die gholfbaan, spa en natuurreservaat weer oop vir die publiek.

Meer oor:  Boom  |  Beserings  |  Oorstromings  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.