Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 lyke gekry nadat BLO-vliegtuig val

Drie lyke is gevind nadat ’n ligte vliegtuig Donderdag in die omgewing van die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn neergestort het.

Die oorledenes is vermoedelik die drie bemanningslede aan boord van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) se Cessna Citation-vliegtuig wat Donderdagoggend verdwyn het. Dié vliegtuig het weggeraak nadat dit by die George-lughawe opgestyg het.

Deanna Bessick, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, sê die lyke van twee mans en ’n vrou is gevind nadat ’n ligte vliegtuig in die omgewing geval het.

Bessick sê die vliegtuig het omstreeks 11:30 neergestort, waarna twee diensvoertuie, ’n reddingsvoertuig en ’n Skymed-reddingshelikopter uitgestuur is. ’n Vliegtuigwrak is om 14:05 gevind.

“Ons innige meegevoel aan die familie van die drie oorledenes terwyl die omstandighede rondom die neerstorting ondersoek word.”

Pappie Maja, woordvoerder van die BLO, kon nie bevestig of dit wel die lyke van hul bemanningslede is wat gevind is nie. Maja sê daar word nog met die bemanningslede se families gepraat.

Die BLO sal Vrydag om 11:30 ’n nuuskonferensie in Midrand hou in verband met die vliegtuigongeluk.

Netwerk24 het vroeër berig die BLO het gesê die vliegtuig wat verdwyn het, het omstreeks 10:40 van die lughawe vertrek om die lughawe se navigasiehulpmiddels na te gaan.

Die lugbeheertoring kon tien minute nadat die vliegtuig opgestyg het, nie weer kontak met die bemanning maak nie.

Die Cessna-vliegtuig van die Burgerlugvaartowerheid. Foto: Argief

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.