Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 paramedici red man uit brandende gebou

Drie paramedici het Donderdagoggend hul lewe gewaag om ’n man in Milnerton, Kaapstad, te red uit ’n woonstelgebou wat in ligte laaie was. Hulle het ook seker gemaak dat al die inwoners die gebou ontruim.

Kirsty Hochfelden, Warren Camealio en Alice Phunguphungu het Donderdag hul lewe gewaag om in ’n brandende woonstelblok in te hardloop en ’n man te red, asook om die ander inwoners te help om die gebou te ontruim. Foto: Netcare 911

Vir Kirsty Hochfelden (32), Alice Phunguphungu (32) en Warren Camealio (33), wat saam as ’n reaksiespan by Netcare911 werk, was dit aanvanklik net nog ’n skof wat hulle op Vrouedag moet werk. Nadat hulle ’n pasiënt in Milnerton versorg het, was hulle omstreeks 10:50 op pad terug na hul basis by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal toe hulle swart rook by ’n woonstel sien uitborrel.

Hochfelden en Phunguphungu sê hulle het opgemerk daar is nog geen ander noodvoertuie op die toneel nie. Die twee vrouparamedici en Camealio het hulle na die toneel gehaas.

By die woonstel waar dit gebrand het, het ’n man in sy laat 60’s by die deur uitgestrompel gekom. Hy het gesukkel om asem te haal en sy baard en gesig was gebrand.

Terwyl Camealio die man behandel en na die ambulans geneem het, het Hochfelden en Phunguphungu beheer van die toneel geneem en in verskillende rigtings gehardloop en aan deure geklop om seker gemaak al die inwoners en hul troeteldiere ontruim die gebou en kom op een plek bymekaar.

Die brandende woonstel wat tussen Loxton- en Millvaleweg in Milnerton, Kaapstad, geleë is waar paramedici van Netcare 911 Donderdagoggend hul lewe gewaag het om ’n man te red. Foto: Netcare 911

Phunguphungu sê of dit nou ’n openbare vakansiedag is of nie, hulle werk in die skofte soos hulle ingedeel word. Hulle dien die gemeenskap op enige dag.

Op haar beurt sê Hochfelden dit is veral vir hulle ’n eer om op Vrouedag mense te kon help en dat hulle juis op dié belangrike dag as vroue hul deel kon doen.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die drie paramedici het besef dat hulle in gevaar kan wees, maar hulle het nogtans hul lewe op die spel geplaas het om ander te red.

Die polisie en brandweer het later op die toneel opgedaag en die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.

Herbst sê Netcare 911 wil op Vrouedag veral vir Hochfelden en Phunguphungu lof toeswaai oor hul onverskrokke optrede en heldhaftigheid om ander mense se lewe te red.

Meer oor:  Vrouedag  |  Milnerton  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.