Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 PE-seuntjies (3) verdwyn spoorloos

Minstens 25 polisielede het tot in die vroeë oggendure van Woensdag die bosse in Motherwell, Port Elizabeth, vir drie vermiste peuters deursoek.

Die drie 3-jarige seuntjies, waarvan twee boeties is en een ’n maatjie, is Dinsdagmiddag omstreeks 12:15 laas in ’n oop veld in die NU-29-woonbuurt naby ’n gemeenskapsaal gesien speel. Omstreeks 15:00 het die ma van die twee boeties na die kinders gaan soek en besef hulle is nie meer in die veld nie.

Othandwayo Zenzile (3)

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê familie en vriende het aanvanklik eers self na die kinders gesoek, voordat hulle kort voor 22:00 die kinders as vermis by die polisie aangemeld het. ’n Soektog is onmiddellik van stapel gestuur met polisielede van onderskeie eenhede, wat onder meer die honde-eenheid en eenheid vir openbare orde (Pops) insluit.

Die soektog is om 03:15, sonder sukses, tydelik afgelas.

Naidu sê die polisie het weer vroeg Woensdagoggend met hul soektog voortgegaan en is besig om die gebied en nabygeleë bosse te fynkam.

Enigeen wat met die opsporing van die kinders kan help, kan speurkapt. Shaun Harmse by 082 442 1232 bel.

Linandle Zenzile (3)
Nande Nombewu (3)
’n Soekgeselskap vergader vroeg Woensdagoggend terwyl hulle na drie vermiste seuntjies soek.
Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Soektog  |  Seuns  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.