Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 seuns verdrink in Vaalrivier

Drie kinders het Saterdag by ’n sogenaamde mensgemaakte hawe in die Vaalrivier naby Deneysville in die Vrystaat verdrink.

’n Vierde seun wat ook saam met hulle in die “hawe” gaan swem het, is ongedeerd.

Sy boetie (8) is een van die oorledenes. Die ander twee seuns wat verdrink het, is onderskeidelik 7 en 9 jaar oud.

Luidens ’n verklaring deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het polisieduikers die lyke uitgehaal.

Vissermanne wat daar naby was, het gesien hoe die kinders in die moeilikheid beland.

Na wat verneem word, het die seuns aanvanklik by ’n gewilde visvangplek gaan swem. ’n Betroubare bron wat anoniem wil bly, sê die seuns het toe besluit om vir ’n ander swemplek te gaan soek omdat daar nie genoeg plek was nie.

Hulle het by die mensgemaakte hawe gaan swem.

Luidens die NSRI se verklaring het die seuns in die moeilikheid beland omdat die bodem skielik diep raak.

“Die water was rof met sterk winde wat gewaai het,” lui die verklaring.

Die kinders se liggame is in die sorg van die forensiese patologiese dienste.

Die polisie ondersoek die saak.

Meer oor:  Vaalrivier  |  Vrystaat  |  Deneysville  |  Seuns  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.