Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 sterf in storm in Goudstad
’n Donderstorm, hael en sterk rukwinde het verkeer in Johannesburg Maandagmiddag ontwrig.Foto: Felix Dlangamandla

Minstens drie mense is op Gautengse paaie dood in die verwoestende storm Maandagmiddag.

Swaar reën, oorstromings en verspoelde paaie het spitsverkeer aan die Wes-Rand, Johannesburg en die Oos-Rand in ’n nagmerrie verander .

’n Donderstorm tref Johannesburg.Foto: Felix Dlangamandla

Berigte van groot skade oor die provinsie heen is ontvang. Bome en verkeersligte is deur rukwinde omgewaai en haelkorrels so groot soos tennisballe het neergestort.

’n Padongeluk naby die Silverstar Casino aan die Wes-Rand het die lewe van een mens geëis, sê Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie.

Sy sê om 19:00 was hulle bewus van twee mense wat naby die Wieg van die Mensdom aan die Wes-Rand dood is. Die presiese omstandighede van hul dood was nie dadelik bekend nie, maar volgens inligting van ’n lid van die gemeenskap is twee mense dood toe ’n boom ’n bakkie platgeval het.

Groot dele van Gauteng is Maandag deur haelkorrels so groot soos tennisballe gepeper. Foto: Verskaf

“Twee mense is ernstig beseer toe die dak en ’n verdieping van die Cradlestone-winkelsentrum deels ineengestort het,” sê Nxumalo.

Die besige R28 en Hendrik Potgieterrylaan oorkant die casino is weens die gure weer vir verkeer gesluit.

In Ekurhuleni aan die Oos-Rand was die N3-Suid by die Gillooly-wisselaar vir verkeer gesluit. Die N3-, N12- en R-24-snelweg na die O.R. Tambo-lughawe is ook in albei rigtings vir verkeer gesluit.

“Ons het gelukkig nog geen aanduiding van sterfgevalle of ernstige beserings nie,” sê Nxumalo.

Van die skade aan die Cradlestone Mall in Krugersdorp. Foto: Felix Dlangamandla

Volgens haar was die nooddienste en nieregeringsorganisasies op die toneel in Putfontein om te te help.

Clifford Shongwe, woordvoerder van die Ekurhuleni- metropolisiediens (EMPD), sê paaie in Kempton Park, Daveyton en Etwatwa is onder water.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD), sê Sivewright- en Errorstraat in Doornfontein is onder water, asook Rissik- en Lovedaystraat en Villageweg in die Johannesburgse middestad.

Hoewel dié paaie nie afgesper is nie, sê Minnaar motoriste moet versigtig wees as hulle hier ry.

Hy was nie bewus van ongelukke of sterftes weens die storm in Johannesburg nie.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Haelstorm  |  Storm  |  Gauteng  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.