Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 van lugmag oorleef toe heli val
’n Agusta-helikopter het Maandagmiddag op die plaas Umpukane in die Clocolan-distrik neergestort. Hier is die wrak besig om uit te brand.

Drie lede van die lugmag het wonderbaarlik oorleef nadat die helikopter waarin hulle gevlieg het by Clocolan in die Oos-Vrystaat neergestort het.

Deonne Roux, koördineerder van landelike beveiliging van die Clocolan-boerevereniging, sê die helikopter het Maandag net voor 18:00 op die plaas Umpukane in die distrik hier neergestort.

Die drie lugmaglede wat in die helikopter was, is na die hospitaal in Clocolan gebring.

Roux sê ’n ander weermaghelikopter het hulle hier kom oplaai en na die 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein gebring.

Boere van die distrik het hulle dadelik gehaas na die ongelukstoneel om te gaan help.

Volgens Roux het hulle ook die ambulans begelei na waar die helikopter neergestort het.

Brig.genl. Xolani Mabanga, weermagwoordvoerder, sê die weermaglede was besig met nagvlugopleiding in ’n Agusta-helikopter toe die ongeluk gebeur het.

Die oorsaak van die ongeluk en toestand van die betrokke lugmaglede is nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.