Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 vroue dood in botsing in Mpumalanga

Drie vroue is op Vrouedag op die R40 tussen Mbombela en Umjindi, Mpumalanga, in ’n motorongeluk dood.

Volgens die verkeersowerhede was albei voertuie omstreeks 04:30 in die rigting van Umjindi op pad toe die een bestuurder vermoedelik die ander een probeer verbysteek het.

“Nadat die een voertuig die ander een op die kant getref het, het albei bestuurders beheer oor hul voertuie verloor en albei voertuie het op die brug omgeslaan,” lui ’n verklaring van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid.

Twee vrouepassasiers wat in die sportnutsvoertuig gery het, is op slag dood. Die bestuurder is met ernstige beserings na ’n hospitaal geneem.

Twee van die vroue wat dood is, was passasiers in die sportnutsvoertuig. Die derde vrou was ’n passasier in die sedan.

Die bestuurder van die sportnutsvoertuig, wat ernstige beserings opgedoen het, is in die Kiaat-hospitaal in Mbombela opgeneem. 

Luidens die verklaring was die bestuurder van die sedan skoonveld.

“ ’n Ondersoek word gedoen om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.” 

Gabisile Shabalala, LUR van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, sê die ongeluk is een van vele wat vermy kon word indien mense beter veiligheid toepas.

Sy het motoriste gemaan om nie te bestuur terwyl hulle vaak of dronk is nie. Shabalala het Vrydagoggend die ongelukstoneel besoek. Sy het motoriste gevra om tydens die langnaweek ekstra versigtig op die paaie te wees. 

Die bestuurders van die twee voertuie het met die impak van die botsing beheer oor hul voertuie verloor en albei voertuie het omgeslaan.

Meer oor:  Mbombela  |  Mpumalanga  |  Botsing  |  Ongeluk  |  Padveiligheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.