Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 wat in stormloop sterf, uitgeken

Die lyke van drie mense wat in die week in ’n stormloop by ’n kerk in Pretoria-Wes dood is, is deur hul familielede uitgeken.

Die selfaangestelde profeet Shepherd Bushiri.Foto: Gallo Images

Die drie vroue was deel van ’n groep kerkgangers wat op 28 Desember tydens ’n donderstorm skuiling gesoek het in ’n saal in die Tshwane Events Centre in Pretoria waar kerkdienste deur die self-aangestelde profeet Shepherd Bushiri gehou word. ’n Stormloop het ontstaan.

Volgens die polisie is nege ander kerkgangers beseer.

’n Klag van regsverydeling teen Bushiri se kerk word tans ondersoek. Die lyke van die vroue is na ’n private lykshuis geneem.

Kapt. Augustinah Selepe het Sondag bevestig Nondumiso Patricia Pringane, Matshila Sarah Mohlala en Lehlogaholo Maria Segodi is die oorledenes wat deur familielede uitgeken is.

Lede van die South African National Civic Organisation (Sanco) het Vrydag buite Bushiri se kerksaal saamgedrom en verkeer moes deur die Tshwane-metropolisie herlei word. Sanco se protesoptrede is deur Bushiri se regsverteenwoordigers as “xenofobies” bestempel.

Meer oor:  Shepherd Bushiri  |  Pretoria-Wes  |  Kerk  |  Stormloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.