Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3de ANC-raadslid in Mangaung sterf

’n ANC-raadslid van die Mangaung-metromunisipaliteit in Bloemfontein het Donderdag in die Pelonomi-hospitaal gesterf nadat sy siek geword het.

Lebohang Masoetsa, waarnemende uitvoerende burgemeester, sê dat Amanda Mapota (62) Dinsdag nog ’n ANC-koukusvergadering bygewoon het.

Sy het egter te siek geword om ’n raadsvergadering wat vir Woensdag geskeduleer was, te kon bywoon.

Hy kon nie sê waaraan sy dood is nie. Volgens hom het Mapota diabetes gehad.

Amanda Mapota Foto: Mangaung-metro

Kollegas in die raad het ook gesê sover hulle weet het sy hoë bloeddruk en diabetes gehad.

Masoetsa het by navraag gesê die ANC en metro beplan om ’n afvaardiging na haar familie te stuur en sal eers dan kan sê wat presies haar makeer het.

“Ons weet net dat sy ’n weduwee is en dat haar oorlede man ook ’n raadslid van die tussentydse Mangaung-oorgangsraad was. Sy was die ma van drie of vier kinders en daar is ook kleinkinders.”

Mapota was lid van die metro se art. 80-komitee vir vervoer en openbare veiligheid, sowel as ’n art. 79-komiteelid vir beswaarskrifte en mosies.

Mxolisi Siyonzana, speaker, is ook nie seker waaraan Mapota dood is nie. Volgens hom het sy by hom verskoning gevra vir die raadsvergadering wat sy nie kon bywoon nie omdat sy siek was.

Die dood van Mapota kom kort ná die dood van twee ander ANC-raadslede van die metro, Ntenne Ratsiu (57) en Ramakatsa Mohlabane (52), wat in Augustus twee dae uit mekaar aan Covid-19 dood is.

Die metro het hierna ’n spesiale raadsvergadering gehou om goedkeuring te kry om vir elkeen se begrafnis R100 000 te kan bydra.

Siyonzana sê hy sal eers ná ’n raadsvergadering kan sê of daar geld bewillig is vir Mapota se begrafnis.

Dit beteken ook dat tussenverkiesings nou in drie ANC-wyke gehou sal moet word om nuwe raadslede te verkies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.