Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 beseer in chemiese ontploffing in Boksburg

Vier mense is Donderdagmiddag beseer toe chemikalieë by ’n fabriek in Boksburg in die ooste van Johannesburg aan die brand geslaan voordat dit ontplof het.

Volgens William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, is een van die beseerdes in ’n kritieke toestand deur paramedici na die Glenwood-hospitaal gehaas.

“Die man was die bestuurder van ’n vurkhyser by die fabriek en het ernstige brandwonde aan sy gesig, nek en kop opgedoen. Hy is ook vir rookinaseming behandel,” het Ntladi gesê.

Die ontploffing het omstreeks 15:15 by die fabriek, wat in Main Reef-straat geleë is, plaasgevind. Dit het die vyf brandbestrydingsvoertuie en 25 brandbestryders tot 17:30 geneem om die brand te blus.

“ ’n Vrou en nog twee mans het ligte brandwonde opgedoen en is ook vir rookinaseming behandel.”

Hulle is na omliggende hospitale geneem vir mediese sorg.

Volgens Ntladi moet die owerhede nog vasstel wat tot die ontploffing gelei het. “Chemikalieë het gemeng met ander chemikalieë, wat in 210 liter-dromme op die perseel geberg word, wat vermoedelik die ontploffing veroorsaak het. Dele van die fabriek is verwoes,” het Ntladi gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.