Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 beseer in ongeluk in Pretoria
’n Vrou en drie kinders is Maandagmiddag by die Daspoort-tonnel in die weste van Pretoria beseer toe hul Volkswagen Golf van agter deur ’n vragmotor getref is.Foto: Best Care

’n Vrou en drie kinders is Maandagmiddag in ’n ongeluk by die Daspoort-tonnel in die weste van Pretoria beseer toe hul Volkswagen Golf van agter deur ’n vragmotor getref is.

“Die vrou en een van die meisies het ernstige beserings opgedoen. Die ander twee meisies is lig beseer,” het Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, aan Netwerk24 gesê.

Die ongeluk het omstreeks 16:30 plaasgevind. Volgens Loubser moes personeel van Tshwane se nood- en reddingsdienste lank spook om die vrou en dogter uit die opgefrommelde wrak te bevry. “Die Daspoort-tonnel is eers om 18:45 weer vir motoriste geopen.

Die twee meisies wat ligte beserings opgedoen het, is na die Tshwane-distrikshospitaal geneem.

Die vrou is na Kalafong-hospitaal geneem, terwyl die ander meisie met ’n helikopter na die Modderfontein-hospitaal geneem is. Hulle is op die toneel gestabiliseer, maar in ’n ernstige toestand met veelvuldige beserings,” het Loubser gesê.

’n Meisie is met ’n helikopter na die Modderfontein-hospitaal geneem ná ’n grusame ongeluk by die Daspoort-tonnel waarin ’n vragmotor van agter in ’n motor vasgery het.Foto: Best Care

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.