Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 beseer in ontploffing

Vier mans is Maandagoggend in ’n ontploffing by ’n fabriek in Wynberg, Sandton, beseer.

Volgens Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het die ontploffing net ná 08:00 gebeur en is een van die mans in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gebring.

“Die voorval het in ’n werkwinkel by die fabriek gebeur. ’n Man het baie ernstige brandwonde oor sy lyf opgedoen en drie ander werknemers het geringe tot redelik ernstige brandwonde opgedoen. Paramedici het hulle gestabiliseer en hospitaal toe gebring.”

Volgens Radebe is niemand anders beseer nie.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie, maar sal deur die owerhede ondersoek word.

Meer oor:  Wynberg  |  Sandton  |  Fabriek  |  Ontploffing  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.