Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 dood, 3 beseer in botsing op N1 by Touwsrivier
Twee bakkies het Woensdagaand reg van voor op die N1 by Touwsrivier in die Wes-Kaap teen mekaar gebots. Foto: Verskaf

’n Stop-ry-stelsel is Woensdagaand ingestel ná ’n ongeluk tussen twee bakkies op die N1 by Touwsrivier.

Volgens die provinsiale verkeersdiens is vier mense in die ongeluk dood en drie mense is beseer.

Jandre Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, het om 19:50 bevestig dat dit ’n botsing reg van voor was en ’n stop-ry-stelsel is op die N1 in die rigting van De Doorns ingestel.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik en sal ondersoek word. Daar is ’n opeenhoping van verkeer en ons doen ’n beroep op padgebruikers om geduldig te wees terwyl die pad opgeruim word.”

Bakker het motoriste gemaan om versigtig op die paaie te wees en minstens elke twee uur of 200 km stil te hou en te rus.

Meer oor:  Touwsrivier  |  N1  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.