Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 dood in botsing buite Upington
Die toneel van Sondagaand se botsing buite Upington waarin ses mense dood is. Foto: ER24

Vier mense, waarvan twee kinders, is Sondagaand dood en ses ander beseer in ’n botsing op die N14, sowat 20 km buite Upington.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ’n motor en ’n afleweringswa was in die ongeluk betrokke.

“Met ons aankoms het ons ’n man, vrou, seuntjie en meisie in die motor aangetref.

“Die paramedici het die pasiënte ondersoek en bevind die vrou is weens haar veelvuldige besering in ’n ernstige toestand. Sy is na die hospitaal geneem.

“Die man en twee kinders het ook veelvuldige beserings gehad, maar het nie tekens van lewe getoon nie. Die drie is op die toneel dood verklaar.

“In die afleweringswa het ons ses pasiënte gevind. Een vrou het ernstige beserings gehad en moes noodbehandeling kry. Die ander het ligte tot matige beserings gehad en is op die toneel behandel.

“Al ses die pasiënte is na die hospitaal geneem, waar die vrou, wat ernstig beseer was, aan haar beserings dood is.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal deur die owerhede ondersoek word.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Upington  |  Botsing  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.