Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 dood in dam: Ouma verloor enigste kind, kleinseuns
Die Toyota Tazz word uit die water getou. Foto: Verskaf

Die ma en haar drie seuns wie se lyke die naweek in hul gesinsmotor in die Sterkfonteindam net buite Harrismith in die Vrystaat gevind is, sal Saterdag in Qwaqwa begrawe word.

Portia Mkize, wat in die Sterkfonteindam verdrink het. Foto: Facebook

’n Hartseer Moipone Mkize van Qwaqwa, ma en ouma van Portia Mkize (35) en Khotso (13), Nyakallo (8) en Bokang Lephatsa (5), het Dinsdag in ’n telefoniese gesprek gesê dit was haar enigste dogter en enigste kleinkinders.

“Portia was ’n lieflike persoon. Sy was altyd baie vriendelik.”

Voorheen is berig hoewel dit nie ’n gegewe is nie, dui alles daarop dat selfdood die rede vir tragedie kan wees.

Nyakallo (8), Khotso (13) en Bokang Lephatsa (5) het saam met hul ma, Portia Mkize, in die Sterkfonteindam verdrink. Foto: Facebook

Hul lyke is Saterdagmiddag in hul voertuig in die dam gevind en volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n nadoodse ondersoek begin.

Daar was geen ooggetuies toe die motor in die dam beland het nie.

Tau Motaung, Portia se oom, het gesê dinge was nie reg tussen Portia en haar eksman nie. Volgens hom is die egpaar vier jaar gelede geskei, maar sy het weer toenadering tot hom gesoek omdat sy gesukkel het om die kinders alleen groot te maak.

’n Saak van brandstigting is ook geopen nadat die gesin se huis in Makwane in Qwaqwa Donderdagaand in ’n brand verwoes is, het Mbambo gesê.

Die polisie probeer vasstel of die verdrinkings en die brand met mekaar verband hou.

Die Toyota Tazz waarin die ma en haar drie seuns dood in die Sterkfonteindam aangetref is.Foto: Verskaf

Meer oor:  Qwaqwa  |  Dam  |  Begrafnis  |  Tragedie  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.