Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 5 dood toe heli van Netcare 911 neerstort

Vyf mense is Donderdagmiddag dood toe ’n noodhelikopter van Netcare 911 in die Bergville-gebied in KwaZulu-Natal neergestort het.

Die vlieënier en vier paramedici is op slag dood, het Netcare 911 in ’n verklaring gesê.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die polisie en nooddienste is nog op die toneel, maar hy het geen verdere inligting nie.

Craig Grindell, besturende direkteur van Netcare 911, het gesê hulle is diep geskok en bedroef.

“Ons innige simpatie gaan uit aan die families van ons kollegas wat in die Netcare 1-lugambulans was.”

Dr. Richard Friedland, uitvoerende hoof van die hospitaalgroep Netcare, het in die verklaring gesê “daar heers ’n stilte in Netcare. Ons buig ons hoofde in respek, liefde en herinnering aan ons gevalle kollegas wat helde in die voorste gesondheidslinie was. Daar is nie woorde om ons verlies te beskryf nie.”

Netcare 911 het omstreeks 13:00 nog getwiet dat hul Netcare 1-noodhelikopter besig is om ’n pasiënt tussen hospitale te vervoer.

Intussen stroom boodskappe van skok en medelye op Netcare 911 se amptelike Facebook-blad in.

Michelle Loftus skryf haar gedagtes en gebede is by die hele helikopterspan van Netcare 911. “My diepe meegevoel aan die paramedici en vlieënier.”

’n Kollega skryf: “Ons harte is gebreek, ons kollegas en vriende sal altyd in ons harte wees.”

Khaya Mwelase skryf: “Hierdie was goeie mense. Ons kollegas. Geweldig geskok!!!”

Dorinka Nel beskryf die gebeure as “absoluut tragies”, terwyl Leon Crause sy meegevoel met die oorledenes se families en kollegas by Netcare getuig.

* Die berig is aangepas nadat dit gepubliseer is.

Meer oor:  Heli-Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.