Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 het om hulp geskreeu voor branddood

Daar is nog geen begrafnisreëlings getref vir die vier mense wat Dinsdag in ’n brand in Malabar in Port Elizabeth dood is nie.

Leana Leslie (17), Luchnene Crotz (33), Dewayne Crotz (8), en Keisha Dolf (13) is dood toe vlamme Luchnene se hut verswelg het.

Wyle Leana Leslie.Foto: Verskaf

Die brand het Dinsdagoggend om 06:00 in uitbreiding ses uitgebreek.

Dewayne was Luchnene se seun en Keisha haar suster. Leana was ’n familievriend wie se gesin binne loopafstand woon.

Getraumatiseerde inwoners het vertel hoe die oorledenes kort voor hul dood desperaat om hulp geskree het waar hulle in die brandende hut vasgekeer was.

Lede van die gemeenskap het vergeefs probeer om hulle te red.

Leana se ma, Faith Leslie (49), het Woensdag gesê sy sukkel nog om tot verhaal te kom ná haar dogter en die ander se dood.

Leslie het Woensdagoggend by die plek gaan staan waar die hut opgerig was.

“Alles is nog onwerklik. Ek het gestaan en bid en gewens ek kon my kind terugkry, maar toe het ek besef sy is weg en gaan nie weer terugkom nie.

“Daar was niemand soos sy nie. Sy was ’n liefdevolle mens wat in die huis van die Here grootgemaak is.”

Die vier se dood het inwoners van uitbreiding ses se desperaatheid vir huise weer opnuut in die kollig geplaas.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Malabar  |  Sterfgevalle  |  Huisbrand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.