Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4-jarige klim deur pyp om hond te red

’n Vierjarige meisie van die Paarl het nie ’n bang haar op haar lyf gehad toe sy meters ver deur ’n ondergrondse pyp geklim het om ’n hond red nie.

Die trotse ouers van Samantha Lynch (4) het Sondag vertel hoe sy met sy handskoene en ’n koplig in die stormwaterpyp gekruip het om by die verswakte hond uit te kom en uit die pyp te probeer lok.

Dié hond, intussen herdoop tot “Sam”, is vandeesmaand uiteindelik aangeneem nadat sy deur ’n veearts versorg en in pleegsorg gehou is.

Deon Lynch (42), Samantha se pa, sê die gesin het middel Januarie as vrywilligers by die Drakenstein Animal Rescue gewerk toe hulle gehoor het dat ’n verskrikte hond in die pyp opgemerk is en nie wil uitkom nie.

“Mense het die hond met kos probeer uitlok, maar sonder sukses. Die enigste een wat klein genoeg was om in die pyp te pas, was Sam, en sy het toe aangebied om die hondjie te gaan red.”

Samantha het toe in die pyp onder ’n grondpad van 8 m tot 10 m ver gekruip en die hond uit die pyp uit gelei. Haar pa skat dat die pyp ’n deursnee van tussen 300 mm en 400 mm het.

Die grondpad is naby Keerwederweg aan die buitewyke van die Paarl, in die rigting van die Hugenotetonnel, geleë.

“Die hond was egter baie bang en het weer terug in die pyp ingehardloop,” sê Deon. “Sam het toe ’n tweede keer ingegaan met ’n handdoek en ’n tou om om die hond se nek te bind, waarna sy (die hond) uitgehaal en veearts toe gebring is.”

Dit blyk dat die hond vyf of ses jaar oud is en deur haar eienaar agtergelaat is.

Volgens Lynch was die gesin eers onseker of die hond vir Samantha sal byt, maar was dit met die tweede probeerslag duidelik dat die hond te swak was.

“Ons het net gehoor hoe sy aanhoudend sê ‘beweeg asseblief, hondjie’ terwyl sy haar uit die pyp gelok het.”

Dit blyk dat die hond vyf of ses jaar oud is en deur haar eienaar agtergelaat is.

Samantha het Sondagmiddag gesê sy was “glad nie bang” om die hond te red nie en skrik nie vir die donker nie.

Sy deel haar voorliefde vir diere met haar ma, Hilde (40), en was baie besorgd oor die hond.

Deon sê die storie het verder op ’n positiewe noot geëindig, met die hond wat na sy dogter vernoem is en uiteindelik ’n permanente huis gevind het.


Meer oor:  Paarl  |  Hond  |  Veearts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.