Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 jong mense dood toe motor glo U-draai maak
Keshia van Niekerk (17) is Saterdagaand noodlottig beseer in ’n ongeluk buite Virginia op die R30 en is Sondag dood.

Vier jong mense is Saterdagaand in ’n ongeluk buite Virginia in die Vrystaat dood.

Dié ongeluk, waarin drie voertuie op die R30 betrokke was, was omstreeks 23:00 net ná die Sandrivierbrug op pad na Welkom.

Volgens onbevestigde getuienis, het 'n voertuig ’n U-draai reg voor die aankomende verkeer gemaak.

Die bestuurder van ’n Land Rover het uitgeswaai om dié voertuig te vermy en toe teen ’n Renault met vyf jong mense in gebots.

Stephan Broodryk (20) wat die Renault bestuur het, is kort ná die ongeluk op die toneel dood en Keshia van Niekerk (17), ’n leerling aan die Welkom Gimnasium, is na ’n hospitaal in Bloemfontein gebring waar sy breindood verklaar is.

Haar suster, Tiniël, het Sondagoggend uit Stellenbosch na Bloemfontein gevlieg om van Keshia afskeid te neem. Lewensondersteunende masjiene is hierna afgeskakel en Keshia se organe is geskenk.

Stephan Broodyk (20) het die voertuig bestuur waarin hy en nog vier ander jong mense gery het. Hy is op die toneel dood.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die twee jong mense wat in die Land Rover gery het, is ook dood. Hy kon nog nie hul name bekend maak nie. Hulle is in die Bongani-streekshospitaal in Welkom opgeneem waar hulle dood is.

Keshia is die dogter van Charmaine, ’n haarkapper van Welkom. Haar pa is Bendaniël, ’n bekende in atletiekkringe.

Stephan het by Flamingo Drukkers in Welkom gewerk en is die seun van Fanie Broodryk van Welkom. Stephan se ma is vyf jaar gelede in ’n motorongeluk voor die Hoërskool Goudveld in Welkom dood. Stephan het ook ’n suster, Alecia.

Die drie ander passasiers in die Renault was Brendon van Zyl (20), Janika van Zyl (18) en Anique Fourie (17). Marissa Pawson, woordvoerder van die Mediclinic Welkom, sê Van Zyl is in ’n kritieke, maar stabiele toestand. Janika van Zyl is stabiel en Anique Fourie het ongedeerd uit die ongeluk gekom. Sy was ongeveer ’n uur in die hospitaal voordat sy ontslaan is.

Die Welkom Gimnasium het Sondag ’n gebedsaksie gehou vir die oorledenes en hul families.

Khosana sê die pad was ure lank vir verkeer gesluit en die toneel was eers teen 03:00 Sondagoggend opgeruim.

Lefu Tau, bestuurder van die derde voertuig op die toneel, is in die St. Helena privaat hospitaal in Welkom opgeneem.

Die R30 tussen Virginia en Welkom was ure lank vir verkeer gesluit ná die ongeluk waarin vier jong mense noodlottig beseer is. Foto: Madli Grobbelaar
Meer oor:  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.