Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 kinders dood nadat hulle kos optel en eet

Vier kinders tussen drie en 11 jaar is in Port Elizabeth dood nadat hulle glo ’n giftige middel ingekry het toe hulle iets op ’n stortingsterrein geëet het.

’n Sewejarige seun het die voorval oorleef.

Volgens die polisie se inligting het die kinders blykbaar naby hul huise gespeel waar hulle blykbaar kos tussen bourommel op ’n onwettige stortingsterrein opgetel en geëet het.

“Daar is gerugte van skyfies en kaas wat die rondte doen, maar die polisie sal eers ’n beter idee van die oorsaak van hul dood hê nadat die lykskouing afgehandel en forensiese toetse gedoen is,” sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Die polisie Maandag in Motherwell waar kinders glo ’n giftige middel ingekry het nadat hulle kos op ’n onwettige stortingsterrein geëet het.

Die uitslag van die lykskouing sal na verwagting later vandeesweek bekend wees.

Beetge sê die polisie is Sondag omstreeks 18:00 deur die Motherwell-gesondheidsentrum in die NU4B-woonbuurt ingelig oor kinders wat vermoedelik weens vergiftiging dood is.

Alunamda Mqawu (3) is met sy aankoms by die sentrum dood verklaar. Sy suster, Zintle (10), asook nog ’n paar sibbe, Alizwa Rhwayibana (5) en sy ouer suster, Asive (11), is by dieselfde sentrum dood terwyl hulle behandeling ontvang het.

Die polisie en gemeenskapslede van Motherwell praat Maandag oor ’n voorval waartydens vier kinders dood is toe hulle glo iets giftig op ’n onwettige stortingsterrein in die gebied geëet het.

Asiphile Grootboom (7) is met soortgelyke simptome as die oorledenes in die sentrum opgeneem, en het oorleef.

Beetge sê die polisie en gemeenskap het Maandag ’n gebied in die NU30-woonbuurt besoek, waar baie rommel en afval gestort word. Die informele stortingsterrein is sowat ’n 100 m weg van waar die betrokke kinders se ouerhuise is.

Die polisie het intussen ’n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om nie goed te eet wat op ’n ashoop gevind word nie.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, het sy medelye aan die gesinne van die betrokke kinders betuig.

Meer oor:  Motherwell  |  Stortingsterrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.