Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 kinders, volwassene dood toe ongeluk motor ‘uitmekaar ruk’

Lede van die nooddienste wat Saterdagmiddag na ’n ongeluk in Centurion ontbied is, is geskok oor die “gruwelike” toneel waarop hulle afgekom het.

Luidens ’n verklaring deur ER24 is ’n volwassene en vier jong kinders dood in die ongeluk tussen twee voertuie op die N14-hoofweg omstreeks 14:00.

Daar was sewe mense in die een voertuig wat volgens ER24 se verklaring “heeltemal uitmekaar geruk is”.

“Al die insittendes is met impak uit die voertuig geslinger.” Vier kinders en ’n volwassene is op die toneel dood verklaar. Twee vroue wat in dieselfde voertuig was, en die man wat die ander voertuig bestuur het, is na ’n hospitaal gebring.

“Die presiese omstandighede is nog nie bekend nie, maar die owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel,” lui die verklaring.

Vier jong kinders en ’n volwassene is Saterdagmiddag dood in dié ongeluk op die N14-hoofweg by Centurion. Foto: ER24

Meer oor:  Ongeluk  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.