Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 kinders wees nadat ouers dae uit mekaar sterf
Reuben en Gaynor Maasdorp, ’n egpaar van Parow, is albei verlede week aan Covid-19 dood.

’n Egpaar van Parow in Kaapstad het hul weke lange stryd teen Covid-19 verloor nog voordat hulle hul pasgebore seun kon sien of vashou.

Reuben Maasdorp (37) en sy vrou, Gaynor (32), is onderskeidelik Woensdag en Vrydag dood.

Hul drie weke oue babaseun, Morgan, is op 4 Januarie met ’n noodkeisersnee in die Panorama Mediclinic gebore waar Gaynor opgeneem is nadat sy sleg begin voel het.

Maasdorp is die volgende dag in dieselfde hospitaal opgeneem.

Die Maasdorp-egpaar, wat tot Maart 2020 in Upington gewoon het, het Morgan nog nooit gesien of vasgehou nie. Hulle was tot hul dood in ’n geïnduseerde koma.

Hulle het ook drie ander kinders – Carlo (15), Leah (5) en Amber (3).

Yvonne Williams, Gaynor se ma, sê sy voel leeg ná die skielike afsterwe van haar twee kinders, maar gun hulle die ewige rus.

“Dit is moeilik en by tye nog onwerklik. Hul dood het nog nie deurgedring nie.”

Sy sê toe haar dogter op 4 Januarie in die hospitaal opgeneem is, was Maasdorp reeds sowat ’n week lank siek.

“Hulle was ’n regte hegte gesin. Die een het die ander aangevul. Hulle het selde sonder mekaar of hul kinders by die huis uitgegaan. Hulle het geleef vir mekaar en hul kinders.”

Volgens haar gaan dit onder omstandighede goed met die kinders.

Sy sê Carlo probeer sterk staan vir sy susters, terwyl Leah heeldag haar pa bel en boodskappe aan hom stuur.

“Rus sag my kinders. Ek is leeg en hartseer, maar ek troos myself daaraan dat julle veilig in Jesus se arms rus. Dit is hoe die noodlot dit wou hê, want julle sou nie sonder mekaar kon leef nie. Solank ek leef, sal ek na jul kinders omsien. Julle sal in my hart voortleef.”

Morgan is verlede week uit die hospitaal ontslaan. Die Maasdorp-egpaar sal privaat veras word.

Meer oor:  Coid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.