Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 kritiek nadat leerlinge, onnies chemiese stof inasem

Sowat 160 leerlinge en onderwysers van ’n skool in Umlazi in KwaZulu-Natal is Maandag na hospitale en klinieke geneem nadat hulle ’n onbekende chemiese stof op die skoolterrein ingeasem het.

Die chemiese gas is glo uit ’n bal vrygestel toe seuns met die optel-bal gespeel het en dit oopgeskeur het. Dit is nog onbekend watter chemiese stof vrygestel is.

Minstens een pasiënt is Maandag met ’n mediese helikopter vervoer nadat leerlinge en onderwysers van die Vukuzakhe High School in Umlazi ’n onbekende chemiese stof ingeasem het.

Die privaat ambulansdiens Rescue Care het omstreeks 09:30 op verskeie oproepe oor chemiese inaseming by die Vukuzakhe High School in Umlazi se L-seksie gereageer. Verskeie pasiënte is op die toneel behandel en die skool is ontruim.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê vier pasiënte is kritiek. Minstens een is met ’n mediese helikopter daar weggeneem.

Hy sê talle leerlinge het met paramedici se aankoms herhaaldelik stuipe gekry.

“Ons is deur chaos begroet. Talle leerlinge het gehoes, inmekaargesak en was paniekerig.”

Verskeie nooddienste was Maandag op die toneel by die Vukuzakhe High School in Umlazi waar leerlinge en onderwysers ’n onbekende chemiese stof ingeasem het.

Volgens Jamieson het die polisie se bomeenheid die bal verwyder. Hy sê benewens die bomeenheid was die Durbanse polisie én die metro se soek-en-reddingspan op die toneel.

Kwazi Mthethwa, provinsiale woordvoerder van die onderwysdepartement, kon nie sê of die skool Dinsdag oop sal wees nie omdat hulle Maandag nog op doktersverslae gewag het.

“Ons hou die rampspoedige situasie fyn dop en kon met die skool kontak maak om bystand te bied waar moontlik.”

Mthethwa sê senior amptenare van die onderwysdepartement is na die toneel gestuur.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê sy kan nie navrae oor die voorval hanteer nie omdat geen klag by die polisie ingedien is nie. Sy het Netwerk24 na die onderwysdepartement verwys.

Die polisie se bomeenheid en die Durbanse polisie én die metro se soek-en-reddingspan was almal op die toneel.
Meer oor:  Umlazi  |  Kwazulu-Natal  |  Leerlinge  |  Kritieke Toestand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.