Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 mynwerkers se lyke uit Orkney-myn gehaal

Die lyke van al vier mynwerkers wat ondergronds by ’n skag naby Orkney in Noordwes vasgekeer was, is nou na die oppervlak gebring, berig EWN.

Die mans is Saterdag vasgekeer ná wat as ’n seismiese voorval beskryf word.

Die lyke van twee mynwerkers is Sondag by die Tau Lekoa-myn na die oppervlak gebring terwyl daar oornag voortgegaan is om by die oorblywende twee lyke uit te kom.

“Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, gaan vanoggend omstreeks 12:00 die myn besoek om met die mynbase en met die familielede te praat,” sê sy woordvoerder, Brian Setswambung.

Die vakverbond Cosatu in Noordwes het ’n beroep op die departement van minerale hulpbronne gedoen om die veiligheid van werkers te prioritiseer.

Job Dliso, provinsiale sekretaris, sê Cosatu en die leiers van die National Union of Mineworkers (NUM) het die pogings van die reddingspan om die lyke van die mynwerkers na die oppervlak te bring, dopgehou.

“Cosatu weet dit was nie maklik om dit te doen nie. Ons het ons medelye aan die naasbestaandes oorgedra.”

Dliso het bygevoeg dat ses mynwerkers verlede jaar in die Impala Platinum-myn dood is.

“Cosatu en NUM sal voortgaan met die veldtog om te verseker dat werkers nie in onveilige omstandighede werk nie. Werkgewers moet verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar vir elke besering of sterfte in die werkplek.

Dliso het die minister van minerale bronne versoek om mynbase tot verantwoording te roep wanneer bevind word dat ’n voorval of tragedie weens nalatigheid plaasgevind het.

Meer oor:  Noordwes  |  Mynwerkers  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.