Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 polisielede en burgerlike sterf in ongeluk

Vier polisiebeamptes en een burgerlike is Sondag in ’n motorongeluk buite Engcobo in die Oos-Kaap dood.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris. Foto: Argief

Die vier beamptes, wat tussen die ouderdomme van 25 en 35 was, was op pad vanaf die Chris Hani-distrik, waar hulle aan misdaadvoorkoming- en bewusmakingsveldtogte in die gemeenskappe en skole deelgeneem het.

Die vyfde slagoffer was saam met die vier beamptes, drie mans en ’n vrou, in die motor.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk en het sake van strafbare manslag geopen.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie se skok oor die sterftes uitgespreek.

Sy het haar meegevoel met die families van die oorledenes betuig. Hul name is nog nie bekend gemaak nie omdat die departement nog besig is om hul naasbestaandes te kontak.

Ntshinga sal die oorledenes se families vandeesweek besoek.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Ngcobo  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.