Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 vas ná trein ontspoor by betoging
Vier verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn op aanklagtes van openbare geweld en die opsetlike beskadiging van eiendom ná ’n trein die naweek by Orient Hills wes van Johannesburg gedurende ’n gewelddadige betoging ontspoor het. Foto: Twitter
Paaie in die omgewing was etlike ure vir verkeer gesluit weens betogers wat roetes met brandende bande versper. Foto: Twitter

Vier mense sal Maandag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn op aanklagte van openbare geweld en die opsetlike beskadiging van eiendom nadat ’n trein die naweek by Orient Hills wes van Johannesburg in ’n gewelddadige betoging ontspoor het.

Volgens ’n sekerheidsfirma wat daar was, het ’n groep oproeriges Sondagmiddag ’n petrolbom na die trein geslinger en hulle wou ook die polisie, wat na die gebied ontbied is, aanval.

“Ek kan bevestig dat ’n trein by Orient Hills aan die brand geraak en ontspoor het,” het kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, by navraag aan Netwerk24 gesê.

“Die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind toe ’n groep mense aan ’n betoging vir beter dienslewering deelgeneem het. Die situasie was gespanne, maar niemand is beseer nie,” het Makhubela gesê.

Oproeriges wou nie amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in hul gemeenskap toelaat alvorens daar nie aan hul eise vir beter dienste en behuising voldoen word nie. Foto: Twitter

Paaie in die omgewing was etlike ure vir verkeer gesluit weens betogers wat roetes met brandende bande versper het. Oproeriges wou nie amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in hul gemeenskap toelaat voordat daar nie aan hul eise vir beter dienste en behuising voldoen word nie.

Dit was die afgelope naweek ’n finale geleentheid vir kiesers om vir die nasionale en provinsiale verkiesing, wat later die jaar plaasvind, te registreer en om hul bestaande inligting na te gaan.

Meer oor:  Johannesburg  |  Betoging  |  Betogers  |  Trein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.