Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
4 wat verongeluk, Saterdag begrawe
Sazi Tyobile, Rodney van Wyk en Zinzan Willemse is drie van die vier jong mans wat Sondag in die vroeë oggendure in Kraaifontein in ’n motorongeluk gesterf het. Foto: Facebook

Die vier jong mans wat Sondag in die vroeë oggendure in ’n motorongeluk op die Ou Paarlpad (Voortrekkerweg) in Kraaifontein by Kaapstad gesterf het, word almal Saterdag begrawe.

Brian Willemse, pa van Zinzan Willemse (19), een van die oorledenes, het gesê Zinzan en sy neef, Melvin Papier (19), gaan saam begrawe word.

Zinzan, Papier, Rodney van Wyk en Sazi Tyobile het almal verongeluk.

Willemse het gesê Rodney en Zinzan ken mekaar al van hul laerskooldae af. Hy het gesê hy weet nie wat gebeur het of waar die mans die aand van die ongeluk was nie.

“Daar is baie gerugte en bespiegelings. Ek kan nie sê waar hulle was, of wat gebeur het nie. Ek wil ook nie deel wees van die bespiegelings nie.

“Daar is vier families wat nou in hartseer gedompel is. Dis baie erg vir ’n ouer om ’n kind aan die dood af te staan,” sê Willemse.

Hy het sy seun, wat na die All Black-agtsteman Zinzan Brooke genoem is, as die lig van hul lewe beskryf. Hy was volgens sy pa ’n spontane mens.

“My vrou, Helen, sukkel om ons seun se dood te verwerk. Dit gaan ons nog baie lank vat,” het hy gesê.

Drie van die vier oorledenes – Zinzan, Rodney en Sazi – het verlede jaar aan die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein gematrikuleer.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het Sondag gesê die voorval het om 02:50 plaasgevind. Volgens Africa het die bestuurder van die ligte voertuig beheer oor die voertuig verloor.

’n Gedenkdiens vir die vier mans word Donderdag om 08:00 by die Hoërskool Monumentpark gehou.

Meer oor:  Dood  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.