Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
40% jong, werkloses is soos 'n bom wat kan ontplof

Jong mense wat niks het om te doen nie, is ’n groot gevaar vir Suid-Afrika, waarsku die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) in sy jongste verslag.

Meer as 40% van Suid-Afrika se jong mense tussen 18 en 34 jaar oud is werkloos en nie op skool of universiteit nie.

Dit is een van die bevindings in die SAIRV se verslag “Fast Facts on South African youth”, wat Dinsdag uitgereik is.

“Hulle het niks om te doen nie en dit moet hanteer word,” sê Thuthukani Ndebele, die SAIRV se hoof van navorsing.

Daar is weer die gevaar van ’n verlore geslag. As hul frustrasies nie vinnig hanteer word nie, kan dit ontplof en tot verdere geweld lei, waarsku hy.

“Ons navorsing wys die jeug is baie bewus van hul opsies en wat in die land aangaan. Hulle het sekere verwagtinge en gaan daarvoor veg.”

Terwyl byna 40% van die swart jeug werkloos is, is 28% van bruin jeugdiges en minder as 10% van wit jeugdiges werkloos.

Daar was ’n toename van 25,3% in die bevolking se indiensneming, terwyl indiensneming van jeugdiges slegs met 13,4% gestyg het.

“Die navorsing wys ook dat 1 miljoen jong mense tussen die ouderdom van 15 en 24 die broodwinner in hul huis is. As die getal werklose jong mense so hoog is en daar so min op skool is, bekommer dit ons.”

Hoewel daar ’n toename in die getal jong mense is wat universiteit toe gaan, is daar ’n groot verskil tussen die getal wat inskryf en dié wat uiteindelik hul kursus voltooi.

Ndebele sê dit is te wyte aan swak onderwys aan hoërskole en laerskole en kinders wat nie voorbereid is op universiteit nie.

“Die demografie van die jeug wat universiteite bywoon het van 1989 tot 2015 baie verander. Elke jaar gaan meer swart jong mense nou universiteit toe en die getal wit jong mense op universiteit daal jaarliks. Die regering moet meer in skoolonderwys belê.”

Meer oor:  Ontplof  |  Kommer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.