Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
47 kwesbare gesinne in Cofimvaba kry huise

Hulpbehoewende en kwesbare gesinne van Cofimvaba sal Donderdagoggend nuwe huise in die Intsika Yethu plaaslike munisipaliteit van Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, en Nonkqubela Pieters, LUR van menslike nedersettings, ontvang.

Oscar Mabuyane

47 huise sal oorhandig word en die ontvangers sal ook bejaardes insluit, wat daardeur aan hulle ’n veilige omgewing en basiese dienste sal bied, sê Mvusi­wekhaya Sicwetsha, woordvoerder van die premier.

“Die gesinne het gebaat by die departement se vergrote Lubisi 1 000-behuisingsprogram, ’n gemeenskapsgedrewe projek wat fokus op die verbetering van die mense se lewenstoestande in die Chris Hani distriksmunisipaliteit. Die begroting vir die projek beloop R151 miljoen vir die oprigting van 1 000 huise van 40m2, die installering van reënwatertenks en die bou van ’n toilet.

Sover is 405 van die huise voltooi. Die projek word gedryf deur die gemeenskap om hul lewenstoestande te verbeter, waarby diegene wat daarby baat ’n besluit oor hul huise moet maak. Hulle vorm ’n gemeenskapsbaseerde organisasie wat deur hul gekose gemeenskaps-nagevorste organisasie gementor word vir tegniese en geldelike bedrewenheid.

“Hulle word hier opgelei en ontvang bemagtiging vir toekomstige sake nadat die projek voltooi is. Die projek sluit agt dorpies onder die beheer van die Intsika Yethu- plaaslike munisipaliteit in. Die projek het die prys vir die beste behuisingsprojek in die 2018 nasionale Govan Mbeki Awards ontvang,” aldus Sicwetsha.

Een van dié wat ’n huis sal ontvang, is die 80-jarige Mama Nomoyi Mzimeli wat tans in ’n rondawel by haar kleinkind en drie agterkleinkinders woon.

Die oorhandigings vind om 11:00 plaas te Ntlonze Village, Cofimvaba. 

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Verblyf  |  Huise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.