Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 000 verwag by Tazne se begrafnisdiens

Meer as 5 000 mense word Saterdag by die begrafnisdiens van die vermoorde Tazne van Wyk (8) verwag.

Haar lyk is op 19 Februarie in ’n stormwaterpyp langs die N1 naby Worcester gevind nadat sy op Vrydag 7 Februarie by ’n snoepwinkel oorkant haar ouerhuis in Connaught Estate, Elsiesrivier, Kaapstad verdwyn het.

Haar vermeende ontvoerder, Moyhdine Pangarker (55), het vir speurders gaan wys waar haar liggaam was.

Die begrafnisbeplanner Joe Hendricks van Joe 4 Funerals het Vrydag gesê die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in Haltweg, Elsiesrivier, het plek vir sowat 3 500 mense, maar hulle het gereël vir markiestente asook luidsprekers en grootskerms waarop mense die diens kan volg as hulle nie plek in die kerk kry nie.

Joe 4 Funerals, Silverleaf-begrafnisondernemers en die Kaapstadse munisipaliteit borg die begrafnis.

Tazne van WykFoto: Verskaf

Tazne se oorskot gaan reeds om 07:00 by haar ouerhuis wees. Dit is ’n private geleentheid vir die familie, sê Hendricks.

Die begrafnisstoet sal daarna die huis verlaat. By die Spar in Avonwood sluit motorfietsryers by hulle aan en van daar sal hulle tot by die kerk beweeg.

“Ons verwag ’n klomp hooggeplaastes en ministers,” het Hendricks gesê.

Pangarker is op Dinsdag 17 Februarie in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Hy het verlede Vrydag in die landdroshof in Goodwood op ’n aanklag van ontvoering en een van moord verskyn.

Die saak is tot 17 April vir verdere ondersoek uitgestel. Nog klagte kan teen hom gebring word.

Netwerk24 dek die begrafnisdiens regstreeks vanuit die Verenigde Gereformeerde Kerk in Elsiesrivier waar hoëlui verwag word. Volg die dekking hier soos wat dit ontvou:

REGSTREEKS: Vermoorde Tazne van Wyk vandag begrawe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.