Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 dood in ongeluk naby Nelspruit

Vyf mense is Donderdag dood en twee ernstig beseer in ’n botsing reg van voor tussen ’n Toyota Conquest en ’n Nissan Livina op die kronkelende N4/Schoemanskloof-pad naby Nelspruit.

Die pad was ure lank gesluit terwyl nooddienswerkers en die polisie op die toneel was.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk het omstreeks 11:30 Donderdagoggend gebeur. Die pad is eers ná 16:00 weer ten volle vir verkeer oopgestel.

“Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en vorm deel van die ondersoek, maar ons vermoed, as ’n mens kyk na die toneel, dat spoed en gevaarlike verbysteek ’n rol gespeel het,” sê hy.

Dit blyk dat die Conquest, met vyf insittendes, vanaf Mosambiek in die rigting van Johannesburg gery het, terwyl die Livina, met twee insittendes, uit Johannesburg se rigting na Nelspruit gery het.

Vier van die Mosambiekers, insluitende die bestuurder, is op die toneel dood, terwyl die vyfde persoon ernstig beseer is.

’n Passasier in die Livina is ook dood, maar die bestuurder het oorleef.

Gabisile Tshabalala, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het hierop in ’n verklaring padgebruikers gewaarsku om nie “gevaarlik” te bestuur nie.

“Dit is noodsaaklik dat alle padgebruikers die verkeersreëls gehoorsaam.”

Meer oor:  Nelspruit  |  Mpumalanga  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.