Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 dood in ongeluk op N7 by Piketberg

Vyf mense is Saterdagaand dood en sewe beseer nadat die bestuurder van ’n dubbelkajuitbakkie beheer verloor het op die N7 in die Wes-Kaap.

Luidens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het die ongeluk omstreeks 19:00 tussen Piketberg en die Piekenierskloofpas gebeur.

“Die bestuurder van die voertuig is vasgekeer en vyf van die insittendes is dood, met talle ander wat beseer is.”

Die N7 is ná die ongeluk in albei rigtings vir verkeer gesluit.

Volgens Africa is sewe mense reeds die naweek op die provinsie se paaie dood.

Benewens die vyf mense wat in die ongeluk op die N7 dood is, is voetgangers ook in afsonderlike voorvalle doodgery.

’n Man (28) is Saterdag om 01:35 in Conville, George, doodgery en ’n vrou (31) is om 01:50 op die N7 by Klein Vissershok, buite Kaapstad, doodgery.

Meer oor:  Piketberg  |  N7  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.