Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 dood in taxi-ongeluk by Westonaria
Die wrak van die minibustaxi waarin vyf mense Saterdagaand dood en talle beseer is. Foto: Verskaf

Vyf mense is Saterdagaand dood en minstens 12 beseer toe ’n minibustaxi verskeie kere gerol het op die R28 by Westonaria, wes van Johannesburg.

Werner Vermaak, woordvoerder van die nooddiens ER24, sê paramedici het omstreeks 18:00 daar aangekom. Die taxi het langs die pad gelê. Al die mense in die taxi is uit die voertuig geslinger.

“Vyf mense is op die toneel dood verklaar.”

Die ander 12 mense is op die toneel behandel voordat hulle na nabye hospitale gehaas is.

Vermaak sê die presiese omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.

Die wrak van die minibustaxi ná ’n ongeluk waarin vyf mense dood is op die R28 in Westonaria buite Johannesburg. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.