Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 kritiek, 1 ernstig siek ná moontlike vergiftiging
Paramedici van E24 behandel ’n pasiënt op die toneel. Foto: Verskaf

Vyf mense is kritiek en een se toestand is ernstig nadat hulle glo ’n giftige middel in Wetton naby Lansdowne, Kaapstad, ingeneem het.

Drie mans en een vrou het Maandagmiddag omstreeks 13:30 by ’n bushalte in Wettonstraat ineengestort. Paramedici was reeds op die toneel toe wetstoepassingsbeamptes van die Kaapstad-metro ook daar aankom.

“Een van hulle het stuiptrekkings gehad,” sê Wayne Dyason, ’n woordvoerder van die wetstoepassingsafdeling.

“Terwyl die paramedici hulle behandel het, is beamptes laat weet dat nog twee mans, een op die sypaadjie in Walnutweg en ’n ander in die straat by St. Joseph- en Wettonstraat, ineengestort het,” sê Dyason.

Onbekende middel

Paramedici van ER24, Life Healthcare en lede van die Kaapstad-metro het op die toneel vasgestel dat vyf mense in ’n kritieke toestand is, terwyl die sesde pasiënt ernstig siek is.

“Die mense het glo ’n onbekende middel ingeneem,” lui ’n verklaring van ER24. Hulle het vermoedelik iets giftig gedrink.

Moosa Omar, ’n plaaslike inwoner en gemeenskapsleier, sê volgens inwoners van die omgewing het die slagoffers glo ’n alkohol-konkoksie by ’n plaaslike klub naby die Wetton-treinstasie gekry.

“Die slagoffers was blykbaar almal werksoekers wat op die straathoeke wag dat mense hulle oplaai,” sê hy.

“Die pasiënte is behandel en paramedici het gevorderde lewensondersteunende prosesse uitgevoer om hulle by te bring voordat hulle na nabygeleë hospitale gebring is,” lui ’n verklaring van ER24.

Marika Champion, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê twee van die pasiënte is na die Groote Schuur-hospitaal gebring, twee na die Victoria- en een elk na die New Somerset- en Tygerberg-hospitaal.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens en gesondheid, sê die metro ondersoek die saak.

Meer oor:  Lansdowne  |  Kaapstad  |  Kritiek  |  Vergiftiging  |  Siek  |  Onbekende Middel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.