Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 mense doodgery, nog niemand aangekeer
Zakela Abide kan die polisie in hul ondersoek help.Foto: Verskaf

Die polisie soek steeds na die eienaar van die bakkie wat in Maart betrokke was in ’n ongeluk waarin die Lubbe-gesin en nog ’n kind buite Odendaalsrus doodgery is.

Die man het sy bakkie glo ná die voorval as gekaap aangemeld en het intussen verdwyn.

Theuns (39), Elmarie (38), Tristan (8) en Amoré (4) Lubbe en Juliana Gomez (6), ’n maatjie van die kinders, is op 30 Maart buite Odendaalsrus dood in twee ongelukke.

Die Lubbe-gesin se motor het omgeslaan en Elmarie is op die toneel dood. Theuns het met die kinders langs die pad gestaan en wag op hulp toe ’n wit Ford-bakkie hulle tref. Hulle is almal dood.

Die bestuurder van die bakkie het weggehardloop en die bakkie daar gelos.

Neels Lubbe, Theuns se neef, het op die gesin se begrafnis gesê hy sal ’n groot beloning gee as die skuldige opgespoor kan word.

Lubbe sê die eienaar het twee weke ná die ongeluk sy bakkie as gekaap gaan aanmeld. Die eienaar het die kaping in Bloemfontein aangemeld en gesê hy is op 14 April gekaap.

Die polisie het nie besef hy word in verband met ’n noodlottige ongeluk gesoek nie.

Die polisie het beslag gelê op die bakkie wat vier mense langs die pad getref het. Foto: Verskaf
Die bakkie wat in die noodlottige ongeluk betrokke was.Foto: Verskaf

Die man het intussen spoorloos verdwyn.

Lubbe sê selfoonrekords en ander inligting dui egter daarop dat die man self daar was.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie glo Zakela Abide, ’n Ethiopiese burger, kan hulle met die ondersoek help.

Lubbe sê hy is steeds bereid om ’n beloning te betaal indien iemand kan help om die skuldige op te spoor.

Meer oor:  Odendaalsrus  |  Lubbe-Gesin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.