Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 ongelukke, 16 dood

Vrydagnag was ’n bloedige een op paaie in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap met 16 sterftes in vyf verskillende motorongelukke.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste in KwaZulu-Natal, sê ses mense is op slag dood toe twee voertuie kort voor middernag op die R103 naby die Midmar-dam gebots het. Een van die voertuie het daarna aan die brand geslaan.

Ses mense is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe hul voertuig op die N2 by Macassar naby Kaapstad omgeslaan en teen ’n muur voor ’n huis tot stilstand gekom het. Foto: Verskaf

Op die N2 by Macassar naby Kaapstad is ses mense ook almal dood toe hul voertuig omgeslaan en ’n paar keer gerol het. Dit het teen ’n muur voor ’n huis tot stilstand gekom. Al die insittendes, vier mans en twee vroue, het noodlottige beserings opgedoen. Die ongeluk het omstreeks 02:00 gebeur, sê Werner Vermaak, woordvoerder van ER24.

In nog ’n ongeluk in KwaZulu-Natal is twee mense dood en nog twee ernstig beseer in ’n ongeluk op die R617 waarin twee voertuie betrokke was.

Ook in dié provinsie op die N3 naby Tweedie is ’n vragmotorbestuurder in ’n botsing dood en op die N2 by Chesterville is ’n voetganger dood toe hy omgery is.

Meer oor:  Padongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.