Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 sterf op Oos-Kaapse paaie

Minstens vyf mense is Sondag op die Oos-Kaap se paaie in drie verskillende motorongelukke dood.

Unathi Binqose, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer en veiligheid, sê die presiese aantal padsterftes in die provinsie sedert die aanbreek van die feestyd is nog nie bekend nie, maar dit is beslis meer as 150 mense.

Die ongelukstoneel in Kirkwood waar drie mense Sondagoggend dood is. Foto: Verskaf

In die jongste voorval is drie mense Sondagoggend omstreeks 04:15 in ’n motorongeluk op die R336 by Kirkwood dood.

Die bestuurder het vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor terwyl hy om ’n draai gery het, waarna die motor gerol het. Drie insittendes, insluitende die bestuurder, is uit die motor geslinger, sê sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder.

Al drie is op die toneel dood verklaar.

Die twee ander passasiers wat nie by die motor uitgeslinger is nie, het die ongeluk oorleef.

In ’n ander voorval is die bestuurder van ’n Mazda 3 omstreeks 04:00 in die Bell-gebied naby Tuwa dood nadat hy beheer oor sy motor verloor het. Die drie passasiers wat in die motor was, het net ligte beserings opgedoen.

In nóg ’n voorval is ’n motorfietsryer omstreeks 01:00 in Port Elizabeth dood. Na verneem word het die motorfietsryer glo agter teen ’n Ford Ranger-bakkie in Humewood vasgery. Die motorfietsryer is op die toneel dood, terwyl sy passasier geringe beserings opgedoen het.

Weziwe Tikana, LUR vir vervoer en veiligheid, het ook gesê dat sy Maandag saam met die owerhede van verskeie departemente verskeie klopjagte en padblokkades in die provinsie sal hou om die Nuwejaar te verwelkom.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Sterfgevalle  |  Motorongelukke  |  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.