Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
5 verdrink in Vaalrivier, 2 ernstig beseer op Vaaldam
Lede van die nooddienste het die lyk gekry van een van vyf mans wat naby Spider Valley in die Vaalrivier verdrink het. Foto: ER24

Vyf mans het Saterdag in die Vaalrivier verdrink toe hul boot omgeslaan het. Nog twee mense is lig beseer, maar het oorleef.

Dit was die tweede noodgeval op die water waarheen nooddienste die middag moes uitjaag.

Ross Campbell van die nooddiens ER24 sê hul paramedici, die polisie en lede van die Metro-nooddiens het om 17:50 by die toneel naby Spider Valley-weg opgedaag waar hulle ingelig is dat die vyf mans, almal in hul 30s, verdrink het.

Een van die mans is gevind, maar die ander vier word steeds vermis.

Die man en vrou wat oorleef het, het geweier om hospitaal toe te gaan.

“Die man het verduidelik dat daar water in die boot gekom het toe dit omgeslaan het. Die polisie was op die toneel en wag vir polisieduikers om na die ander lyke te soek,” het Campbell gesê.

Die skilderagtige toneel naby Spider Valley waar vyf mans in die Vaalrivier verdrink het. Foto: ER24

Die treurspel het hom afgespeel net enkele ure nadat twee mense baie ernstig beseer is toe die snelboot waarop hulle op die Vaaldam gery het, teen ’n waterponie gebots het.

Campbell sê omstanders in ’n ander boot het reeds die 41-jarige vrou en die 44-jarige man by die Vaal Marine in Midvaal aan wal gebring toe nooddienste kort ná 15:00 daar aankom.

“Die vrou het ’n kopbesering opgedoen, terwyl die man verskeie ander beserings gehad het. Hulle moes per helikopter na ’n hospitaal gevlieg word.

“Twee ander mense op die snelboot, ’n jonger man en vrou, is minder ernstig beseer en is op die toneel behandel, terwyl die man wat op die waterponie gery het, ongedeerd is,” het hy bygevoeg.

Verskeie nooddienste het Saterdagmiddag by die Vaal Marine gaan help nadat ses mense beseer is toe ’n waterponie met ’n snelboot gebots het. Foto: ER 24

Volgens Shawn Herbst van Netcare 911, wat ook daar was, lyk dit of die man op die waterponie beheer verloor en toe teen die snelboot gebots het.

Hy sê buiten vir die twee mense wat met die Netcare-noodhelikopters na ’n hospitaal gebring is, het vier mense op die snelboot seergekry.

Meer oor:  Bootongeluk  |  Vaalrivier  |  Verdring  |  Vaaldam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.