Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
50 beseer in gasontploffing in Olifantsfontein

Minstens 50 mense is Vrydagoggend in Olifantsfontein naby Midrand by 'n sakeonderneming in Industryweg beseer in wat die nooddienste as 'n "chemiese gasontploffing"  beskryf.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste is omstreeks 07:10 ontbied.

"Mense het op die perseel gestrooi gelê. Met nadere ondersoek het paramedici vasgestel die gebou is ontruim," sê Meiring. 

Die beseerdes is op die toneel behandel.

"Hulle het ligte tot matige beserings opgedoen. Gelukkig is niemand ernstig beseer of dood nie," sê Meiring.

Hy sê die beseerdes is na verskeie hospitale geneem.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie. Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.

Meer oor:  Olifantsfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.