Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
51% meer padsterftes oor Paasnaweek

Die sterftesyfer in padongelukke dié Paasnaweek was 51% meer as in 2016. Vanjaar is 235 mense dood teenoor 156 verlede jaar.

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het die syfers Vrydag op ’n mediakonferensie aangekondig. Hy het gevra dat almal opstaan vir ’n oomblik van stilte vir die mense wat op die land se paaie dood is.

Foto ter illustrasie

Hy sê talle van die sterfgevalle is voetgangers wat snelweë onwettig oorsteek en doodgery word deur bestuurders wat jaag.

50% van die mense wat dood is, was passasiers, 24,5% was voetgangers, 19,8% was bestuurders en 5,7% was fietsryers.

Motors was in 49% van die gevalle betrokke, ligte afleweringsvoertuie in 20%, minibusse in 7,6% en busse in 1%.

In Maart vanjaar was daar 12 047 404 geregistreerde voertuie in die land teenoor 11 818 124 verlede jaar.

174 253 voertuie is voorgekeer en vir padwaardigheid nagegaan.

Die Vrystaat is die enigste provinsie waar daar minder padsterftes was as verlede jaar – agt vanjaar teenoor 11 verlede jaar.

In die ander provinsies is meer mense vanjaar dood:

* KwaZulu-Natal 59 (28 in 2016);

* Gauteng 38 (24);

* Limpopo 30 (23);

* Mpumalanga 28 (21);

* Oos-Kaap 27 (24);

* Wes-Kaap 22 (14);

* Noordwes 12 (8); en

* Noord-Kaap 11 (4).

Maswanganyi sê padsterftes het ’n ernstige impak op die land. “As ’n pa of ma sterf, word die kinders wees gelaat. Beseerdes kan dikwels nie meer werk nie en moet maatskaplike toelae kry.”

Meer oor:  Joe Maswanganyi  |  Meer  |  Padsterftes  |  2017  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.