Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou (52) vermis ná sy uit kerkdiens stap

’n Inwoner van ’n geestesgesondheidsentrum in Port Elizabeth word sedert Sondag vermis.

Volgens die polisie se inligting het Anneke Gouws (52) die oggend van haar verdwyning saam met ’n groep mense ’n kerkdiens in Albertweg in Walmer bygewoon. Sy het glo tydens die diens uitgestap.

Die vermiste Anneke Gouws. Foto: Verskaf

Sy is later daardie middag glo in die Fiveways Spar in Sentraal gesien.

Gouws het ten tyde van haar verdwyning ’n groen kappie-baadjie, mosterdkleurige hemp, swart denimbroek en wit tekkies aangehad.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het reeds die hospitale in die gebied nagegaan in ’n poging om haar op te spoor.

Sy sê die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om Gouws op te spoor en enige inligting kan aan speur.konst. Unathi Sneli deurgegee word. Hy kan by 041 581 1496 gebel word of skakel die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.