Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
6 kinders sterf in botsing

Ses leerlinge aan die Jim Chavani High School is Vrydag in ’n tragiese ongeluk dood.

Die departement onderwys in Limpopo het Saterdag sy hartseer en medelye met die families van die leerlinge en die skool uitgespreek en gesê die ongeluk het Vrydag gebeur toe die leerlinge van die skool af op pad huis toe was.

Die Jim Chavani High School in Limpopo. Foto: Facebook/JCHS-Jim Chavani High School

Die bestuurder van die bakkie waarmee die leerlinge ’n ry-geleentheid na hul huise gekry het, het beheer verloor en teen ’n huis gebots.

Die ongeluk het by die dorpie Ximixoni in Malamulele gebeur.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê die bestuurder van die bakkie is in ’n bedenklike toestand na ’n plaaslike hospitaal gehaas.

Nog twee passasiers het ernstige beserings opgedoen terwyl ’n derde slegs ligte beserings opgedoen het.

Polly Boshielo, LUR vir onderwys in Limpopo, het haar hartseer oor die tragiese ongeluk uitgespreek en gesê: “Ons is diep hartseer en ontsteld. Dit is ’n onpeilbare verlies en moeilik om te begryp, gegewe die omstandighede dat ons nog steeds rou oor die hartverskeurende verlies van Lufuno Mavhunga van die Mbilwi Secondary School.”

Boshielo sê die pyn is ondraaglik vir die gesinne wat deur die verlies geraak word.

“Ons wil graag hê dat almal verenig moet wees in hierdie moeilike tyd wat die gemeenskap beleef.”

Sy het verder gesê dat daar geen toekoms kan wees sonder die jeug nie en wanneer hulle teen dié tempo verloor word, die toekoms waarna die land streef in gevaar is. 

“Ons betoon ons innige meegevoel met die bedroefde gesinne. Ons sal met susterafdelings saamwerk om na gesinne en leerlinge uit te reik wat deur die tragedie geraak word en traumaberading aanbied.”

Lufuno Mavhunga (15) is Saterdag in Tshirenzheni buite Thohoyandou ter ruste gelê.

Sy het vermoedelik haarself Maandag om die lewe gebring nadat sy na bewering deur ’n medeleerling buite die skoolterrein aangerand is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.